Ecosoil

Save your soil. Secure your livelihood.

Farmers' Comments

Farmers' Comments

Below are comments made by farmers about Ecosoil and its products:

Ek glo in 'n filosofie van volhoubaardheid. Wat jy insit, sal jy uitkry. Ons as landbouers moet ons gronde beskerm en verbeter deur gesonde verbouingspraktyke te volg wat verhoed dat dit marginaliseer. Kompostee bied my `n bekostigbare metode om my grond se struktuur, mikrobiologiese balans en voedingstatus te verbeter

Ons keer as ware weer terug na hoe ons oupas en generasies voor hulle dinge benader het om gronde vir toekomstige geslagte te bewaar. Ons het egter die bykomende voordeel dat ons meer effektiewe besproeiingsmetodes, bewerkingsmetodes, ens. tot ons beskikking het. Kompostee en alles wat daarmee gepaard gaan is soos baie volhoubare praktyke nie 'n "quick fix" nie, maar `n kopskuif met langtermyn voordele. Ek hoop dat die tyd sal leer.

MARINUS VAN DER MERWE - MD BOERDERY - VYEBOOM


Hiermee wil ek graag my hartlike dank oordra aan julle almal by Ecosoil.
Eerstens baie dankie vir julle flinke diens, vandat ek die dag geskakel het, om inligting oor jul produk, het ek nog nooit rede gehad om te twyfel oor jul produk, jul diens, om my te kom sien (afgesien hoe ver ons van mekaar is ) . Die instalering , my voorraad se lewering elke maand, die manier waarop admin hanteer word, julle diens is onoortreflik.
Click on the doument below to read the rest.

FREDDIE KOEGELENBERG - KLAWER


Kompostee is in my oë 'n unieke produk. Ek het in Augustus 1996 begin op Lochlo. Die bome op die plaas was oorheersend saailing onderstamme. Ek het gesukkel om die bome aan die groei te kry. Almal sê die bome is te droog. Kyk jy in die ry af, staan die paspalm gras 6 voet hoog. Paspalm is tog 'n teken van nat grond. Verdere ondersoek het aangedui dat ek 'n bloedluis probleem het. Onder die boom op die bankie was een harde kors van boomwortels wat vol bloedluis is. Die Granny Smith appels was veral oestyd vol bloedluis. My nuwe aanplantings Pink Lady's was ook tydens oestyd besmet met bloedluis 2001 / 2002. Na vele pogings met Confidor, bankies rip, snoei metodes, water skedules kon ek nog steeds nie daarin slaag om my bome se produksie te verbeter nie. Click on the doument below to read the rest.

HENDRIK SCHOMAN


Sugar Beans, Settlers = Control

Sugar Beans, Settlers = Treated with compost tea (Received 400L/ha to date)



Soya Thabazimbi = Treated with 800L Compost Tea (No Control to compare with)


Sunflowers Derby
Left: Control
Right: Treated with 400L compost tea to date


Dry Land Maize – Heidelberg
Left: Control
Right: Treated with 100L Compost tea and 6L Apex per hectare applied on the seed when planted


Left: Cotton under drip irrigation, Thabazimbi – without Compost Tea
Right: With Compost tea (look at leaf colour and -size, as well as height of plants


Ek gebruik al 3 jaar Ecosoil se kompostee met groot sukses. Ons volwasse vrugtebome se produksies het elke jaar toegeneem. Vruggrootte is ook beter. Onkruidbeheer is ook makliker met probleemspesies soos brandnetel wat minder voorkom. `n Ou appelkoosboord wat ek 3 jaar terug oorweeg het om uit te trek presteer nou baie beter. Minder vrektes kom voor en die bome se groei het dramaties verbeter. Grondvrugbaarheid het ook toegeneem met `n gepaardgaande verdubbeling in wortelvolume. Grond is sagter en die waterhouvermoë is soveel beter as in die verlede.

THEO LANDMAN - OUDSHOORN


Foto taken 7 August 2008 at Tzaneen

The photo above, taken in the middle of winter, depict two banana plantations. The plantation on the left side of the dirt road (green in colour) follows a biological programme with the plantation on the right (yellowish colour) following a standard chemical programme. The biological plantations soil temperature was on average 3.9 oC higher than the chemical plantations during the winter months.

Photo courtesy of C Ras, Tzaneen

Of course compost tea is not the magic bullet to solve all farm woes, but is a very good additional and environmentally friendly tool that can be used to beef up soil quality and structure. I have had very good results (in terms of soil and tree health) with it when used in conjunction with other products both biological (Microbial Solution’s biostart and waterbac, compost) and good, old-fashioned, but essential, mulching (straw or otherwise). There is certainly some sort of activity taking place, as thick (20 cm) straw mulching only lasts a season with compost tea treatment, and two seasons without. Beneficial activity? I presume so. (I’m no scientist)

PHILIP DICEY, CERES

Die kompostee was in 2006 aan my verduidelik. Ek het 'n komposteestelsel, ontwerp deur Jako, aangekoop en geinstalleer. Ek het elke maand 100 liter kompostee per hektaar toegedien. My besproeiing is baie sentraal en ek kan die tee maklik deur die pomp toedien. Jako het my deurentyd ondersteun met raad en produk. Die resultate is daar, maar dit is 'n kwessie van tyd om dit waar te neem. Die gemmer het 'n goeie reaksie getoon. Die piesangbome lyk ook beter – groener en meer groeikrag.

NICO SWART, KIEPERSOL

Is rooibostee goed vir die mens? Is kompostee goed vir die grond?

Sonder enige twyfel. Ek het nog geen mens raakgeloop wat nie glo dat rooibostee goed is vir 'n mens nie. Net so is ons almal dit eens dat kompos die beste medium is om 'n plant te voed.

Om kompos op groot oppervlaktes te strooi, is nie koste-effektief nie. Kompostee gee my die geleentheid om al die goeie nutriënte van kompos te ekstraeer. Hiermee saam word die goeie organismes ook gefiltreer. Die ekstrak word dan toegelaat om vir 24 uur te vermeerder.

Die hele proses maak dit moontlik om al die goeie eienskappe van kompos op 'n koste-effektiewe manier op groot hektare toe te dien.

Ons het verlede jaar proefpersele gesaai. 5 persele is gesaai met 5 kontrole persele langsaan. Al 5 se gradering was beter as die kontrole. Die hektoliter massa was dieselfde, maar die proteïen-inhoud was 1% hoër. Daar was nie 'n opbrengsverhoging in die persele nie. Die proteïenverhoging het R75/ton beteken. Teen 3,5 ton opbrengs was die koste van die kompostee van R60/ha verseker die moeite werd.

Die kompostee-aanleg se afvoerpyp loop 200 m verder op 'n land uit. Na saaityd stap ek eendag op die land. Toe ek op die kol kom waar die kompostee uitlooppyp gelê het, is die grond toe van die erdwurmmishopies. In die uitlooppyp se area krioel dit van die erdwurms. Net 5 meter verder kry jy geen erdwurms nie.

FRANCOIS UYS, BREDASDORP